034 315 5046

Dina se boek “Waar Oos En Wes Ontmoet” – Nie Fiksie – Carla van der Spuy

R275.00

Neem kennis: Net ‘n beperkte aantal boeke word gepubliseer. Die boek sal einde Februarie beskikbaar wees.

Eind eindelik skryf Carla van der Spuy Dina se lewens verhaal, Waar Oos en Wes Ontmoet.
“Sy treur 14 jaar lank oor haar verlore kollegeliefde en ondergaan skrikwekkende skokterapie. Later ontmoet sy vir Tommy, ‘n Taiwannees, wat gedurende die Apartheidsjare met bykans niks Suid-Afrika toe kom nie. Hul verhouding is aan die ontvangkant van rassehaat en vooroordeel. Sy maak Tommy se drie Taiwannese seuns groot en saam bou hulle ‘n imposante sakeryk op. Die NG Kerk weier om hulle te trou omdat hy ‘n Boeddhistiese agtergrond het, maar doop tog hulle twee kinders, Iewan en Iemei, as Tommy belowe om die kinders as Christene groot te maak. Die gesin voer ‘n sprokiesbestaan en reis gereeld oorsee, maar ook húlle word nie teenspoed gespaar nie. Hul ondernemings word deur vloede, ‘n brand en ‘n tsoenami verwoes, maar telkens verrys hulle weer uit die stof en 33 jaar later is Tommy en Dina se huwelik sterker as ooit. Intussen stry Dina ‘n moedige stryd teen melanoom-, bors- en ongeneeslike rugmurgkanker. Sy bly egter positief, geniet die lewe voluit en vier elke kosbare oomblik.
Dis ‘n verhaal van geloof, hoop en onsterflike liefde.”

BESKIKBAAR IN FEBRUARIE 2025

NIE-FIKSIE
SAGTEBAND
FORMAAT: 213 X137
276 bladsye
ISBN: 9781067234409

Skrywer Carla van der Spuy is ‘n bekroonde vryskutjoernalis en skrywer van agt boeke waar onder ‘n aantal topverkopers.
Sy is ook ‘n boekresensent, beoordelaar en bied slypskole vir skrywers aan.
Sy woon in Hartbeespoort.

Bestel jou boek nou en dui aan of u die boek geteken wil he deur Dina Tseng wanneer u uitteken tydens betaling.

Product is on back order and will be available for shipment end of the month

Available on backorder

Additional information

Weight 117.6 g
Dimensions 21 × 14 × 2 cm